Thursday, January 06, 2005

Afrikaans vir Blog(spot) ?

Ek dink nou net ... daar is nie 'n Afrikaanse woord vir Blog(spot) nie ... Hoe lyk dit met 'n paar voorstelle ? En terwyl ons op die punt besig is, weet iemand dalk waneer Google Afrikaans gaan praat ? Stuur e-pos

4 Comments:

Blogger Gawie van Blerk said...

Goed ... Google het nou begin Afrikaans praat en danksy die Redakteurs by DMOZ het ons ook nou 'n Afrikaanse woord vir Blog(spot). Hulle noem dit Webjoernaal. Daarmee kan ek saamleef vir nou.

12:56 pm  
Anonymous Anonymous said...

Webjoernaal? Hmm, klink bietjie verbeeldingloos vir my.

Soos jy sekerlik weet, kom BLOG van weblog af. So wat van Woernaal in Afrikaans ;)

1:33 pm  
Anonymous Anonymous said...

Kom toevallig op hierdie blog af deur google. Ek gebruik die afkorting vir Web Joernaal vir my blogs = Boernaal.

4:53 pm  
Blogger Jaco said...

Die van Blerks,

Ek weet nie of dit is wat u gesoek het nie maar Google se 'soek boks' het 3 keuses aan die regterkant genaamd:
Advanced Search
Preferences
Language Tools

As jy nou op 'Preferences' sou kliek dan maak 'n nuwe bladsy oop & die eerste opsie is: Interface Language. In die opsie lys kan Afrikaans gekliek word & as jy dan afbeweeg met die bladsy tot heel onder is daar 'n 'Save Preferences' knoppie.

Die oomblik as hy gekliek word word jou blaaier bladsy hernieu & is jou Google in Afrikaans!

8:23 pm  

Post a Comment

<< Home