Wednesday, February 02, 2005

Battle for Middle Earth

As jy 'n Tolkien bewonderaar is en daarby 'n passie het vir strategie speletjies is hierdie een net vir jou. Lord of the Rings, Battle for Middle Earth van EA is skitterend ... Die beste nog. Moet dit nie mis nie. R299 by CNA (nee moenie eers probeer nie www.cna.co.za neem jou na Edgars se webwerf)Posted by Hello

Tuesday, February 01, 2005

Waar kom die Van Blerks vandaan?

Ons stamvader Nicolaas van Blerk het uit Nederland na Suid Afrika gekom in 1739. Die Van Blerk van beteken eintlik dat ons van die dorpie Blerick afkom. En so is dit dan ook dat onse stamvader van Venlo nie v^er van Blerick af gekom het. Vir die wat nie Nederland ken nie, Venlo (en Blerick) l^e so daar in die Suid Ooste hoekie van Nederland waar die grootpad na Duitsland toe gaan (sien http://www.venlo.nl/).