Monday, January 31, 2005

Iets nuttigs van Microsoft.

Ek wonder altyd wat kan 'n mens nog doen in sagteware wat mense se lewens sal beter maak. Wel hier is iets van Microsoft ... en sover nog verniet. Spring nou in en download terwyl dit nog in beta is, En O, ja moenie eens probeer as jy nie vir jou windows betaal het nie. Posted by Hello

Miskien het hulle tog 'n punt beet ...

Hoop nou nie ek beland in warm water nie, maar as jou span 12/13 wedstryde verloor dan begin ek sommer saamstem met die jeug liga en hulle aandrang op transformasie. Wel dink so daaroor ... die enigste span wat ons kon wen is Bangladesh - Ek is seker Grey se tweedespan kan hulle ook wen. Miskien is dit nou die tyd om krieket sommer op 'n groot manier te transformeer. Kom ons sit al daardie belowende jong spelers in die span helfte wit / helfte swart en dan kyk ons of ons die volgende 13 wedstryde beter kan doen. Makhaya Ntini kan bly en Kaptein speel. Die res moet bietjie gaan rus. Bou tog net vir ons 'n nuwe span wat kan wen ... ook teen die Engelse.

Monday, January 17, 2005

Opmerkings aangeskakel

Nou goed. Ek weet dit kan tot 'n gemors lei, maar kom ons kyk maar wat gebeur. Daar is natuurlik 'n klomp Grafitti varke op die internet wat maar net nie die versoeking sal weerstaan om iemand se Blogspot te bemors nie. As jy een van hulle is gaan doen jou ding iewers anders. As jy wil kommentaar lewer op artikels is jy welkom. So uit die statistieke kon ek sien daar is nogal 'n klompie interessante besoekers gewees. Net jammer niemand het van hulle laat hoor nie. Posted by Hello

Thursday, January 06, 2005

Afrikaans vir Blog(spot) ?

Ek dink nou net ... daar is nie 'n Afrikaanse woord vir Blog(spot) nie ... Hoe lyk dit met 'n paar voorstelle ? En terwyl ons op die punt besig is, weet iemand dalk waneer Google Afrikaans gaan praat ? Stuur e-pos

Tuesday, January 04, 2005

'n Paar gedagtes oor blogs ...

Ek het nogal gewonder hoe relevant blogs op die web is en of iemand jou ooit daar gaan raakloop. Ek het hierdie blog so om en by 17 Desember begin en is op 21 Desember deur Google besoek. Ek het dit definitief nie verwag nie. Vir die eerste keer in meer as 10 jaar sal mense my nou weer kan vind as hulle my naam in Google intik. Wat nog meer merkwaardig is is die feit dat selfs die inhoud goeie resultate lewer op Google search. Probeer byvoorbeeld die soektog vir "Kalahari Leeu" soos hieronder (Hier is nog een "liefdadigheids organisasie"). My eenvoudige fototjie maak dit toe bo aan die lys. Bo Wegbreek ('n nuwe buitelewe tydskrif) en 50/50 ('n jare oue TV program). Probeer dit gerus. Blogging is maklik en baie pret. Kos jou so 'n 1/2 aand elke tweede week, maar laat tenminste jou stem hoor in die we^reld. Posted by Hello