Thursday, December 30, 2004

My Eerste vis !

Drikus spog met sy eerste vis wat hy self gevang het. Ons het hom maar later gaan terug gooi in die see sodat hy kan groei en ons hom volgende jaar weer kan vang. Posted by Hello

Monday, December 27, 2004

Michiel verjaar

Michiel word 40 en vir die eerste keer in meer as 11 jaar is ons as groep vriende weer op dieselfde plek. (Jurie, Christien, Susan, Abrie, Michiel, Magdalena, Ek en Maria) Posted by Hello

Wat 'n lekker verrassing was dit nie om Cristo en Mariaan Spies op Michiel se verjaardag partytjie raak te loop nie. Hulle was ons bure in Bloemfontein en het daarna in Richardsbaai gebly waar hulle Michiel hulle leer ken het. (Maria, Cristo en Mariaan) Posted by Hello

Tsunami op Struisbaai

Hierdie foto is sowat 30 minute later as die vorige een geneem. Die water het in hierdie tyd reeds 1 1/2 meter gestyg. Posted by Hello

Hierdie foto wys hoe ver die water terug getrek het by Struisbaai se hawe op die oggend van 27 Desember 2004. (Waarskynlik as gevolg van die Tsunami in die Indiese oseaan). Posted by Hello

Sunday, December 26, 2004

Seevarkies

Die feit dat Rozier so skoon is laat my vermoed dat hy heel moontlik iets te doen gehad het met die feit dat Drikus so "vuil" is. Posted by Hello

Saturday, December 25, 2004

Kersfees 2004

Oupa Adrie en sy vier klienseuns (Andre, Rozier, Marius en Drikus) Posted by Hello

Thursday, December 23, 2004

Boooooogieeeee

Drikus op sy Boogie Board ... Posted by Hello

Thursday, December 16, 2004

Sui Generis Solutions


Ja ek werk ook ... soms ... meestal ... omtrent altyd. As jy belangstel, besoek ons maatskapy Sui Generis Solutions se website vir meer inligting. Posted by Hello

Advertensies

Wat is Adds by Google ... Wel dis maar net Google (DIE Google) wat kyk of daar iemand in die wereld is wat bereid is om my 'n klien fooitjie te betaal as jy hulle website besoek. Die inhoud van die advertensies word deur Google bepaal en behoort relevant the wees to die artikels in die Blogger. Tensy hulle niks het wat pas nie, dan wys hulle maar een of ander liefdadigheids organisasie se advertensie. Onthou ook dat ek die Blog in Afrikaans doen so daar is nie veel vir Google om mee te werk nie.

Sunday, December 12, 2004

Kersfees Resessie


Selfs Kersvader sukkel maar vanjaar. En dit nog in die land van geleenthede. Laat my maar net weer besef dat ons moet dankbaar wees vir wat ons het. Posted by Hello

Miami - Suid Strand


Veronderstel om winter te wees. Dis Saterdag middag en ek het bietjie af tyd. Voel net snaaks om nie die son se strale te voel nie. Ek is seker hierdie gat in die osoonlaag maak ons ouens in die Suidelike Halfrond lekker gaar. Ekgeval hier in Miami kon ek meer as 3 ure sonder hemp sit sonder enige probleme. Posted by Hello

Friday, December 03, 2004

Drikus word 5 !


Drikus het vandag 5 geword ... Sukkel maar nog om 'n kers dood te blaas so sonnder sy voortand. Posted by Hello